Kleingroepe

Kleingroepe is ons primêre versorgingspunt en ons gemeente lewe in sy kleingroepe. Daar is ‘n groot verskeidenheid groepe met elkeen sy eie karakter. Groepe kom reg deur die week bymekaar en êrens is daar ‘n groep wat jou soos ‘n handskoen sal pas.

Om in te skakel kontak die Kerkkantoor op 016 976 7500 of vierankers@absamail.co.za.

Ons stel weekliks ‘n bybelstudie vir die kleingroepe beskikbaar. Laai dit hier af:

Kleingroephandleiding

Manneaksie

Die fokus is op die manne en hulle verhoudinge, veral met die Here.

Vroueaksie

Die aksie bedien die dames van die gemeente met hulle eie behoeftes en belange om mekaar te kan ondersteun en geestelik te kan groei.

Jeugaksie

Kinders en jongmense met hulle eie behoeftes word bedien met die oog op hulle verhouding met die Here en plek in die samelewing.

Gebedsaksie

Die aksie bid vir die lidmate en die werk van die gemeente en sake wat die Here ons op die hart lê.

aftree.4

aftree-punt-vier is ’n aksie vir almal in die gemeente wat afgetree het en ’n sinvolle lewe wil leef.

Wonderwêreld van die Kgalagadi

This slideshow requires JavaScript.