Kampe

 

Gemeentekamp

Hierdie naweek is ‘n wonderlike geleentheid om saam te kom dink en vrae te vra. Dit is ‘n geleentheid om verhoudings te bou, nuwe vriende te maak en ‘n wonderlike geestelike ervaring te beleef.

Belydeniskamp

‘n Hoogtepunt in ons jaarlikse kamp kalender is die belydeniskamp. Die belydeniskamp vind elke jaar plaas ‘n maand voor die belydenisaflegging in Oktober. Op die belydeniskamp reflekteer ons oor die afgelope jaar se kerkervarings. Ons leer onsself opnuut ken in hierdie vreemde oorgangsfase in ons lewensreis soos ons oppad is na volwassenheid. Ons vra onder andere vir mekaar op die kamp, wie is ek, waarheen is ek oppad en wie gaan saam met my. Ons kuier ook saam, doen lekker aktiwiteite, swem en eet heeltemal te veel.

Belydenisjaar Inligtingsbrief