As jy by Vier Ankers gemeente aansluit, word jy deel van ons unieke geloofsreis. Op hierdie reis is ons baie afhanklik van ons padkaart of GPS (die Bybel) wat vir ons wys waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan. Ons reis reg oor die hele kaart en ontdek nuwe plekke oor ‘n groot verskeidenheid terreine soos ons meer en dieper van die Bybel leer.

 

Kleuterkerk

Ons wil ons voorskoolse jongmensies op hulle eie vlak met die evangelie bedien en daarom hou ons Sondae om 09:00 tydens die oggenderediens ook kleuterkerk.

 

Junior Jeug

Ons jongspan vanaf voorskool tot graad 6 kom elke Sondag om 08:00 gedurende skool kwartale bymekaar. Ons ontmoet in die kerksaal. Hier volg ons ‘n goed uitgewerkte program om kinders se geloof te vorm. Ons gebruik die paar minute saam met die kinders om die boodskap van die Bybel tot op elke kind se vlak af te preek en op hul lewens van toepassing te maak. Moeite word ook gedoen om oulike groepleiers te kry wat ‘n passie het vir kinders en wat graag in hulle geloofslewens wil bou. Een keer per kwartaal woon ons as groep die Gesinsdiens by.

 

Senior Jeug

Ons senior jeug is gerig op kinders vanaf graad 7 tot jong werkendes. Ons styl is jonk en informeel. Hier word die jongklomp se geloof verder gevorm waar hulle leer hoe om dissipels in die wêreld te wees. Die groot fokuspunt is om jongmense te help om hul geloof uit te leef in hul alledaagse lewe. Ons gesels oor ‘n hele paar jongmens-temas wat aktueel in die hoërskool is. Kom skakel gerus in en word deel van ons!

Belydenisjaar Inligtingsbrief