Roelf Pienaar is in Bloemfontein gebore en is eers ’n leerling van laerskool Sand du Plessis totdat hy saam met sy gesin verhuis na Vryheid in Noord-Natal. Hier was hy ’n leerling aan die laerskool Lucas Meyer en hy matrikuleer aan die Hoërskool Pionier. Hy studeer aan die UOVS en UNISA teologie en maatskaplike werk. Die NG Gemeente Sasolburg-Noord stel hom as ’n proponent aan vanaf 1 April 1992 en na twee jaar word die pos in ’n tweede predikantpos omskep en word hy as leraar van die NG Kerk bevestig. Noord-gemeente smelt saam met twee ander gemeentes om Vier Ankers te word.

Hy is getroud met Johanette wat die Akademiese Hoof is by die plaaslike Kollege, Flavius Mareka. Die egpaar het vyf kinders, 3 seuns en 2 dogters, en kan daagliks van God se seën getuig.

Roelf glo dat die kerk die gemeenskap waarvan dit deel is moet versorg en daarom is hy by verskeie uitreikaksies betrokke. Hy glo God het die wêreld vir Hom geskep met die oog op sy eie geluk en dat Hy gelukkig is as almal in Sy vreugde deel. Roelf en Johanette werk hartlik saam om God se geluk met alle mense te deel.

Roelf is tans Vier Ankers se enigste leraar.