Hoe kan ek al hoe meer word wat ek reeds is, naamlik een van God se kinders, ’n dissipel wat Jesus se voorbeeld volg? Jesus verwag van elke gelowige om al hoe meer sy beelddraer te wees. Die kerk is geroep om vir die wêreld soos ’n venster te wees waardeur die wêreld kan in kyk in hoe die koninkryk van God behoort te lyk. Ons faal dikwels hierin en daarom moet ons meer fokus daarop om toegewyd dinge te doen wat Jesus ons geleer het om te doen. Net soos met ’n atleet is dit nie altyd maklik om met hierdie toewyding vol te hou nie, maar dit verg dissipline en volharding. Ons kan nie moed opgee nie en moet met die praktyke van geestelike dissipline volhard sodat ons dan opgebou kan word om te groei en sterk te word. Die dissiplines waarvan ons die kwartaal gaan praat is regtig die mees basiese, wat van elke kind van die Here verwag word.

Ons jaartema is Opgebou vir God, vir mekaar en vir die wêreld. Mag ons saam gesels oor die geestelike dissiplines wat ons opbou sodat ons God mag dien, mekaar kan ondersteun en die wêreld kan bereik.

Roelf Pienaar

Week 10

Week 9

Week 8

Week 7

Week 6

Week 5

Week 4 

Week 3

Week 2

Week 1